Hallo,
Baie dankie vir die werklik uitstekende diens. Van die begin van ons onderhandelinge het dit goed gegaan.
Aan die begin met die invul van die vorms wat direk sonder scan of druk en faks aan julle gestuur is, die volgende oggend vroeg al antwoord gekry met pryse wat baie goed is.
Die mense wat gestuur is het n uitstekende indruk op my en my vrou gemaak. Hulle is vriendelik, hoflik en ken baie duidelik hul werk.
Ek kan net glo dat met twee sulke spanne sal julle moet uitstekend doen en ek wens julle dit van harte toe.
Nogmaals dankie dat julle mense wat n troumatiese ervaring vir ons is dit so gerieflik gemaak het.
J Chris Venter



